
SkallaBrak – Triggerfish Brewery
August 12 @ 8:00 pm - 10:00 pm

SkallaBrak is ‘n Afrikaanse Rockgroep wat dateer uit 2001, en gestig is in London UK deur Hendrik Brakwater en Schalk Maas. Hulle musiek is ‘n keurspel van Rock & Roll en Alternatiewe Afrikaans, met eerlike lirieke wat dui dat die manne van plattelandse herkoms is.
Hulle bestaan uit 5 lede en het ‘n unieke SkallaBrak klank wat oorhoofs kitaar aangedrewe en sang met 4 stemme , amper soos die BeeGees met steroids, in Afrikaans.
5 studio albums (Morsig, Musiek vir my Spaceship, Kophou Internasionaal, Hond se Gedagtes, Op Hitte) later en deur 2 dekades blaas hulle weer energie in ou en nuwe liedjies wat herinneringe los maak.
Die lede bestaan uit Hendrik Brakwater (Hoofsanger en Akoestiek), Schalk Maas (Vokaal, Ritme Kitaar, Trekklavier, Bekfluit), Deon du Toit (Vokaal, Hoof Kitaar), Altan Ungerer (Vokaal, Bas) en Jean Tunes (Dromme).
Join ons vir ‘n aand vol herinnering, musiek, en samesyn.
Doors open 18h00 – Show Starts 20h00
For more information contact – 021 851 5861
**We would like all food orders to have been placed and finished before the show starts.